Martin Heidegger

Martin Heidegger
Martin Heidegger in 1960

Gebore (1889-09-26)26 September 1889
Meßkirch, Baden, Duitse Keiserryk
Oorlede 26 Mei 1976 (op 86)
Freiburg im Breisgau, Baden-Württemberg, Wes-Duitsland
Nasionaliteit Vlag van Duitsland Duitsland
Vakgebied Ontologie, Metafisika, Kuns, Griekse filosofie, tegnologie, taal, poësie, denke
Alma mater Universiteit van Freiburg (PhD, 1914; Dr. habil. 1916)
Beïnvloed deur Anaximander, Aristoteles, Augustinus van Hippo, Brentano, Dilthey, Meester Eckhart, Hartmann, Hegel, Herakleitos, Hölderlin, Husserl, Jaspers, Kant, Kierkegaard, Laozi, Lask, Nietzsche, Parmenides, Plato, Rickert, Duns, Scotus, Thomas van Erfurt, Count Yorck
Invloed op Agamben, Arendt, Beaufret, Badiou, Blanchot, Borgmann, Bultmann, Derrida, Dreyfus, Dugin, El-Bizri, Foucault, Hans-Georg Gadamer, Hans, Jonas, Kopić, Kuki, Levinas, Löwith, Marcuse, Merleau-Ponty, Nancy, Norberg-Schulz, Patočka, Pirjevec, Rorty, Sartre, Schürmann, Sloterdijk, Stiegler, Strauss
Handtekening

Martin Heidegger (Meßkirch, 26 September 1889Freiburg im Breisgau, 26 Mei 1976) was 'n Duitse filosoof. Hy word algemeen beskou as een van die invloedrykste filosowe van die twintigste eeu. Sy bekendste werk is Sein und Zeit (Syn en Tyd) gepubliseer in 1927.

Heidegger is beide oor die inhoud van sy werk sowel as sy persoonlike lewe, 'n omstrede figuur. Sy uiters persoonlike, soms moeilik verstaanbare taalgebruik is in die oë van 'heideggeriane' fassinerend, hipnoties en poëties. Die invloed van sy taalgebruik word gevind in onder meer die werke van Jean-Paul Sartre en Jacques Derrida. Sy taalgebruik word egter gekritiseer deur Theodor W. Adorno (Jargon der Eigentlichkeit) en Günter Grass (Hundejahre) wat sy taalgebruik as bombasties en retories beskou.

Heidegger was 'n ondersteuner van die Nasionaal-sosialisme in Duitsland. Dit het 'n hewige debat ontketen tussen sy ondersteuners en kritici. Sommige mense beskou dit as 'n persoonlike swakheid en basies irrelevant terwyl ander van mening is dat dit inherente tekortkominge in sy denke ontbloot.


Developed by StudentB